Welkom by Pentagon Financial Solutions

Gedrewe Finansiële Dienste

Beplan Vooruit

Ons fokus op welvaartskepping sowel as die beskerming daarvan, deur ons kliënte se behoeftes met toepaslike risiko aangepaste oplossings aan te spreek.

Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. is ‘n gelisensiëeerde Finansiële Dienste Verskaffer. Die maatskappy is ‘n onafhanklike finansiële dienstegroep met ‘n aantal hoogs gekwalifiseerde adviseurs in diens wat individueel gemiddeld elk 20 jaar relevante ervaring van die industrie het. Ons verskaf finansiële- sowel as tussengangersdienste aan ‘n uitgebreide kliëntebasis.

Holistiese benadering

 

As deel van ons holistiese benadering in die vasstelling van ons kliënte se behoeftes, erken ons onder andere die behoefte aan behoorlike belasting – en boedelbeplanning en die implimentering hiervan deur die toepaslike strukture en finansiële produkte.

Vind meer uit

Hoogs gekwalifiseerde span

 

Pentagon se hoogs gekwalifiseerde span geniet erkenning in die industrie vir hul omvattende vaardighede in finansiële beplanning , sowel as breedvoerige kennis van die ekonomiese omgewing en die filosofie en proses van aktiewe bestuur.

Vind meer uit

Geïntegreerde finansiële beplanning

 

Ons is trots op ons vermoë om finansiële behoeftes op ‘n geïntegreerde basis aan te spreek. Gespesialiseerde beleggingsdienste en produkte word onder andere gelewer deur Associated Portfolio Solutions, en boedelbeplanning en die bereddering van boedels deur APS Fiduciary Services.

Vind meer uit

Finansiële aanwysers

  • Ekonomiese & Markoorsig - Oktober 2019
    Internasionaal Die voortgesette verslapping in monetêre beleid deur sentrale banke het weereens die nuusopskrifte en marknarratief in September oorheers. Die Europese Sentrale Bank het die meeste van dít wat nog oor is van hul...
  • Ekonomiese & Markoorsig - September 2019
    Internasionaal Aandelemarkte het wêreldwyd 'n moeilike Augustus beleef met ekonomiese en sosio-politieke nuusgebeure, wat gehandel het rondom die verlangsaming van die internasionale handel en onsekerheid met betrekking tot...