Jy is onafhanklik met baie min verpligtinge. Jou fokus is op verbruik, byvoorbeeld die aankoop van jou eerste voertuig of om met vakansie te gaan. Jy spaar baie min en daarom is jou finansiële kapitaal laag of selfs zero.
Aan die begin met ons volwasse lewens, na skool of studies, vorm ons verhoudinge wat na verloop van tyd dikwels gevier word deur ‘n jeuglike geleentheid waar twee jong mense saamgevoeg word in ‘n huwelik.
Jou familie raak volwasse en jou fokus is nou op die beskerming en uitbou van jou welwaart. Vir baie individue piek hul loopbane in hierdie fase.
Dit word nou die tyd om die vrugte van jou harde werk te pluk. Die fokus word nou verskuif van die akkumulasie van welvaart na die beskerming daarvan, asook die omskepping van jou kapitaal in ‘n na-aftrede inkomste.
Soos wat jy jou aftrede nader kom, word bates normaalweg gekonsolideer en ondersoek jy al die opsies tot jou beskikking om die meeste te haal uit jou spaargeld wat jy tydens jou produktiewe lewe bymekaar kon maak.