Ons Oplossings

Onafhanklik in die wegspringblokke

Jy is onafhanklik met baie min verpligtinge. Jou fokus is op verbruik, byvoorbeeld die aankoop van jou eerste voertuig of om met vakansie te gaan. Jy spaar baie min en daarom is jou finansiële kapitaal laag of selfs zero.

Moenie vergeet dat die mees waardevolle bate wat jy tans besit, jou eie “menslike kapitaal” is nie. “Menslike kapitaal” is ‘n individu se vermoë om toekomstige spaargeld of welvaart te skep of in kwantitatiewe terme: die verdiskonteerde waarde (“present value”) van ‘n persoon se toekomstige salaris of ander inkomste.  Die waarde van menslike kapitaal word vergroot deur opleidings- en loopbaanbesluite, en vir die meeste individue bereik dit ‘n hoogtepunt vroeg in hulle loopbaan, waarna dit dan geleidelik tot by ‘n zero waarde by hul aftree-ouderdom, verminder.

Indien jy verstaan hoe waardevol hierdie bate is, word die noodsaaklikheid om dit behoorlik in  welvaart te omskep, met ander woorde om behoorlike finansiële beplanning te doen, duidelik.

Die risiko’s wat aangespreek moet word gedurende hierdie fase is siekte en ongeskiktheid en professionele bevoegdheidsrisiko,  asook voortydige afsterwe, wat dan in effek die menslike kapitaal vernietig.

Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. kan ‘n kliënt van advies voorsien en die toepaslike produk oplossings voorstel wat onder andere ‘n mediese fonds, mediese versekering, die strukturering van ‘n noodfonds vir onverwagte uitgawes insluit. Inkomstebeskerming om beskerming te bied teen verlengde periodes van siekte, of dekking teen tydelike of permanente ongeskiktheid is veral nodig vir jong professionele persone aan die begin van hul loopbane. Deurlopende advies en hulp in die belegging van jou spaargeld in ‘n gediversifiseerde portefeulje wat volgens jou individuele risikoprofiel met ‘n toepaslike beleggingshorison saamgestel word, vorm uiteraard ook deel van ons advies.

Albert Einstein het saamgestelde groei “die agste wonder van die wêreld” genoem.

Kyk na onderstaande tabel as ‘n voorbeeld:

R300 met ‘n jaarlikse verhoging in bydraes van 10%

Termyn in jare Groei Kumulatiewe Belegging Kumulatiewe Groei Totale waarde
5 10% R 21,978 R 6,087 R 28,065
10 12% R 57,375 R 43,855 R 101,230
15 14% R 114,381 R 191,925 R 306,306
25 16% R 354,049 R 1,947,003 R 2,301,052
35 18% R 975,688 R 11,660,214 R 12,635,902