Dit word nou die tyd om die vrugte van jou harde werk te pluk.
Die fokus word nou verskuif van die akkumulasie van welvaart na die beskerming daarvan, asook die omskepping van jou kapitaal in ‘n na-aftrede inkomste. DIt opsigself vereis ‘n fundamentele verskuiwing in denke, ten einde te voorsien in die noodwendige verskuiwing wat gaan plaasvind in jou behoeftes na aftrede.
Een van die grootste risiko’s wat aangespreek moet word in enige aftreeplan is die realiteit van die steeds toenemende lewensverwagting van ons kliënte. Die risiko dat jy langer kan leef as waarvoor jou spaargeld voorsiening maak, is nie ‘n eenvoudige saak om aan te spreek nie. Daar is ‘n wye reeks faktore wat in ag geneem moet word, byvoorbeeld:
-
Algemene vlakke van welvaart, en of jy genoegsame fondse akkumuleer het om te voorsien vir ‘n uitgebreide lewensverwagting.
-
Die verskuiwing in bestedings patrone deur al die fases van aftrede (aktief, passief, verswak).
-
Die koste geassosieer met privaatsektor mediese produkte en dienste.
-
Gedrags vooroordele byvoorbeeld die onvermoë om langtermyn besluite te kan neem.
Die onderstaande tabel rakende die inkomste (per jaar) wat jy mag onttrek van jou geakkumuleerde kapitaal, is insiggewend: