Ons Oplossings

Omvattende finansiële beplanning

Ons kliënte verhoudings is die hart van ons besigheid. Ons het oor ‘n lang periode van tyd ons kliënte leer ken deur toegewyde en deurlopende interaksie en het derhalwe ‘n deeglike begrip van hul doelwitte en vereistes. Dit is vir ons moontlik om te identifiseer waar u as kliënt uself bevind in u finansiële lewe; is u byvoorbeeld onafhanklik in die wegspringblokke, of nader u aftrede. By Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. is ons toegewyd om saam met u as kliënt te werk sodat u nader aan u drome en doelwitte kan kom in elke stadium van u lewe.

Hieronder volg ‘n Inleiding tot die oplossings vir u finansiële behoeftes in die vyf stadiums van u lewe soos wat ons dit identifiseer het. Dit is egter belangrik om te onthou dat elke kliënt se omstandighede uniek is en daarom is dit in u belang om in gesprek met u finansiële adviseur te tree om hom/ haar in staat te stel om ‘n behoorlike analise te doen en die toepaslike voorstelle te maak sodat u spesifieke behoeftes aangespreek word.

Oor die algemeen is onderstaande grafiek van toepassing:

Ons is trots op ons vermoë om nie produkte te verkoop nie, maar eerder finansiële behoefte beplanning op ‘n geïntegreerde basis aan te spreek, waar alle relevante inligting integreer word. Dit stel ons instaat om ons kliënte te voorsien van toepaslike advies wat hul behoeftes en aspirasies die beste aanspreek. Generiese raamwerke vir finansiële beplanning moet voortdurend aangepas word, om nie net voorsiening te maak vir die aanpassings in die kliënt se behoeftes deur die loop van sy/haar lewe nie, maar ook vir verskuiwings in die ekonomiese omgewing. Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. se besigheid is vervolgens die vestiging van lewenslange vennootskappe met ons kliënte.

Velvø Allroad Bike

‘n Blywende nalatenskap

Soos wat jy jou aftrede nader kom, word bates normaalweg gekonsolideer en ondersoek jy al die opsies tot jou beskikking om die meeste te haal uit jou spaargeld wat jy tydens jou produktiewe lewe bymekaar kon maak. Met ander woorde: jy wil hê dat jou geld vir jou moet begin “werk”. Alhoewel dit ‘n stadium is waartydens baie kliënte dit oorweeg om af te skaal, wil die meerderheid hul bestaande lewensstandaard handhaaf en onafhanklikheid behou. Vir baie is dit die tyd om daardie spesiale droom wat nog altyd uitgestel is, na te jaag, soos om byvoorbeeld ‘n reis in die buiteland te onderneem, of om meer tyd aan gemeenskapswerk te spandeer. Dit is ook ‘n tyd waartydens kliënte die behoud en uiteindelike verspreiding van hul welvaart vir die sekuriteit van hul geliefdes oorweeg.

Die belangrikste risiko wat aangespreek moet word tydens hierdie stadium is sonder twyfel die behoud van jou boedel se waarde.

Kliënte verkeer dikwels onder die verkeerde indruk dat boedelbeplanning net bestaan uit die opstel van ‘n testament ten einde ‘n boedel te beredder by jou, en/of jou gade se afsterwe. Met behoorlike boedelbeplanning kan prosesse tydens jou en jou gade se lewens in werking gestel word om nie net jou boedel te beskerm nie, maar ook om verdere groei in welvaart in jou boedel te skep.

Hoewel daar ‘n mate van onsekerheid bestaan rondom die toekoms van sekere elemente van onder andere die belasting regime van toepassing op trusts, het die Nasionale Tesourie in die eerste helfte van 2013 bekend gemaak dat die voorgestelde wysigings aan belastingwetgewing ten opsigte van trusts nie onmiddellik sal plaasvind nie. Die voorgestelde wetgewing het ten doel om die geleenthede om inkomste te verdeel, en sodoende laer marginale belastingkoerse van begunstigdes te benut, weg te neem, maar dit behoort geen uitwerking te hê op spesiale trusts wat geskep is vir die versorging van kinders of familielede wat spesiale sorg en behandeling benodig nie.

Huidiglik maak die geleibuisbeginsel wat in trust belastingwetgewing toegelaat word, voorsiening dat inkomste wat aan die trust toeval, belas word in die hande van die begunstigde.

Die onderstaande vereenvoudigde voorbeeld dien as illustrasie van hierdie beginsel:

Veronderstel ‘n trust het drie begunstigdes wat almal natuurlike persone is. In die 2013/2014 belastingjaar verdien die trust rente van R75 000 op die kapitaal op belegging. Indien die trust die rente behou en belasting daarop betaal, geniet dit geen vrystellings nie en die 40% belastingverpligting beloop R30 000. Veronderstel nou dat die trust die rente in drie gelyke dele toeken aan die begunstigdes. Die belasting verpligting van elke begunstigde is nou as volg: rente inkomste van R25 000 word ontvang, waarvan R23 800 vrygestel is van belasting (dit sou R34 500 wees vir begunstigdes ouer as 65). Die belasbare balans is dus R1 200 waarop, teen die maksimum marginale koers van 40%, die belasting R480 sal beloop. Die totale belasting betaalbaar op die oorspronklike rente bedrag van R75 000 sal dus R1 440 (R480 X3) beloop.

Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. kan die kliënt help met boedelbeplanning, die opstel van ‘n trust en leiding gee in die keuse van trustees.


Naby aftrede

Dit word nou die tyd om die vrugte van jou harde werk te pluk.

Die fokus word nou verskuif van die akkumulasie van welvaart na die beskerming daarvan, asook die omskepping van jou kapitaal in ‘n na-aftrede  inkomste. DIt opsigself vereis ‘n fundamentele verskuiwing in denke,  ten einde te voorsien in die noodwendige verskuiwing wat gaan plaasvind in  jou behoeftes na aftrede.

Een van die grootste risiko’s wat aangespreek moet word in enige aftreeplan is die realiteit van die steeds toenemende lewensverwagting van ons kliënte. Die risiko dat jy langer kan leef as waarvoor  jou spaargeld voorsiening maak, is nie ‘n eenvoudige saak om aan te spreek nie. Daar is ‘n wye reeks faktore wat in ag geneem moet word, byvoorbeeld:

  • Algemene vlakke van welvaart, en of jy genoegsame fondse akkumuleer het om te voorsien vir ‘n uitgebreide lewensverwagting.

  • Die verskuiwing in bestedings patrone deur al die fases van aftrede (aktief, passief, verswak).

  • Die koste geassosieer met privaatsektor mediese produkte en dienste.

  • Gedrags vooroordele byvoorbeeld die onvermoë om langtermyn besluite te kan neem.

Die onderstaande tabel rakende die inkomste (per jaar) wat jy mag onttrek van jou geakkumuleerde kapitaal, is insiggewend:

Ouderdom 55 60 65 70 75 80 85 & ouer
Manlik 5.50% 6.20% 7.30% 8.70% 10.70% 13.50% 17.50%
Vroulik 4.80% 5.40% 6.20% 7.30% 8.90% 11.20% 14.60%

Statistiek toon dat meer as 75% van Suid-Afrikaners die een of ander tyd besef dat hul geakkumuleerde kapitaal nie meer voldoende gaan  wees om hul inkomste behoeftes in die toekoms aan te spreek nie. Maar selfs meer belangrik is die feit dat baie kliënte nalaat om die belastingimplikasies van hul beleggingsbesluite in ag te neem. Belasting kan jou welvaart erodeer en dit is duidelik dat belastingtoegewings in Suid-Afrika steeds in die toekoms die armes sal bevoordeel wat nie beleggers is nie.

Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. kan u as kliënt van advies bedien en voorsien van die mees toepaslike produk oplossings. Laasgenoemde kan onder andere die strukturering van meer as een beleggingsmedium insluit om jou te voorsien van belasting-doeltreffende inkomste na aftrede.  Spaargeld kan belê word binne ‘n gediversifiseerde portefeulje, gestruktureer volgens ‘n kliënt se individuele risikoprofiel, om te verseker dat voldoende inkomste oor tyd genereer word om ‘n voldoende lewenstandaard ná aftrede te voorsien.


Behaal selfs meer

Jou familie raak volwasse en jou fokus is nou op die beskerming en uitbou van jou welwaart. Vir baie individue piek hul loopbane in hierdie fase.  Die energie en menige ure wat gewy word aan loopbane, word beloon met sukses in terme van hoe jy  bevorder word in jou organisasie. Kort voor lank het jy  waarskynlik die hoogste vlak van inkomste gedurende jou  produktiewe lewe bereik. Jou fokus op hierdie stadium moet dus in die eerste instansie kapitaalbehoud wees, maar ook om groei te behaal in ‘n goed gediversifiseerde portefeulje wat versprei oor alle bate-klasse is, en wat deur die beste batebestuurders op ‘n daaglikse basis aktief  bestuur word.

‘n Familie wat volwasse raak, impliseer dikwels tiener of jong volwasse afhanklikes met baie duur behoeftes, byvoorbeeld tersiêre opvoeding, en hul eie lidmaatskap tot ‘n mediese fonds. Baie kliënte kan ook gedurende hierdie tyd hul besighede verkoop of “goue handdrukke” ontvang, heelwat vroeër as hul  normale aftree-ouderdom. Hulle kan gevolglik nuwe werksgeleenthede oorweeg, of besluit om ‘n nuwe besigheid te begin. Hulle kan selfs besluit om toegang tot hulle aftreefondse te bekom, ten einde so ‘n nuwe besigheid te finansier. Een van die hoof risiko’s wat aangespreek moet word op hierdie punt, is die geleentheidskoste van onttrekkings vanuit  jou bestaande aftreeportefeulje, en die waarskynlikheid dat jy die kapitaal kan verloor in die geval van die mislukking van jou nuwe besigheid.

Sodra ‘n onttreking van jou aftreefondse gemaak word, is die eerste belangrike gevolg dat die onttrekking waarkskynlik ‘n belastingverpligting tot gevolg sal hê. ‘n Onttrekking word as ‘n uitbetaling van die aftreeplan beskou. Die beteken dat die nodige belasting betaal moet word op die bedrag wat uitbetaal word. Op die oomblik is onderstaande tabel van toepassing:

Belasbare gedeelte van onttrekking - - - Belastingkoers
R0 – R22 500

0%

R22 501 – R600 000

18% op die bedrag groter as R22 500

R600 001 – R900 000

R103 950 plus 27% van die bedrag groter as R600 000

Over R900 000

R184 950 plus 36% van die bedrag groter as R900 000

Dit is belangrik om daarop te let dat slegs een onttrekking van jou aftreefondse voor ouderdom 55 toegelaat word.

Een van die grootste implikasies van ‘n eenmalige onttrekking word selde deur kliënte oorweeg: die verlore geleentheid van saamgestelde rente oor tyd. Indien die tydwaarde van geld(die idee dat ‘n Rand vandag meer werd is as as ‘n Rand in die toekoms as gevolg van die potensiële verdienste vermoë), nie toegepas word nie, kan jy duisende Rande tydens jou aftrede verbeur.

Die finansieële implikasies van ‘n onttrekking uit jou aftreefondse het ‘n groot effek op jou vermoë om jou besparingsdoelwitte te behaal. Die skokkende feit is dat baie kliënte elke keer wanneer hulle van werkgewer  verander, eenmalige onttrekkings maak. Sodra meervoudige onttrekkings gemaak word, word die negatiewe implikasies vermenigvuldig, wat groter hindernisse vir jou skep wat oorkom moet word voor jou aftrede bereik word.

Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. kan ‘n kliënt van advies en die toepaslike produk oplossings voorsien wat insluit: Bewaringsfondse om jou geakkumuleerde welvaart te beskerm en hulp met belegging in ‘n spaarplan binne ‘n gediversifiseerde portefeulje, om voorsiening te maak vir jou familie en volwasse afhanklikes se toenemende behoeftes.


Bou ‘n familie

Aan die begin met ons volwasse lewens, na skool of studies, vorm ons verhoudinge wat na verloop van tyd dikwels gevier word deur ‘n jeuglike geleentheid waar twee jong mense saamgevoeg word in ‘n huwelik. Die jong getroude paartjie droom dikwels om ‘n tuiste te skep vir hulself en hulle (toekomstige) familie, alhoewel hulle steeds ‘n  kontant tekort kan ervaar. Die realiteit van die lewe is egter dat die jong paartjie van nou af die grootste gedeelte van hul inkomste sal  aanwend vir die finansiering van hul lewensstyl, en vir die onderhoud  en behoorlike opvoeding van hul kinders.

Alhoewel jy of jou gade ‘n bietjie of selfs geen ervaring of kennis van finansiële produkte of finansiële beplanning per se mag hê nie, kan Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. vir jou kundige leiding verskaf  deur hierdie tydperk waarin jou familie se finansiële vereistes en behoeftes so dramaties verander.  In die meeste gevalle word ‘n behoorlike finansiële plan vir ‘n familie baseer op onder andere  die bepalings van die finansiële ooreenkoms (die voorhuwelikse kontrak) wat tussen jou en jou gade gesluit is voor julle getroud is.

Die mees pertinente risiko’s gedurende enige lewensfase moet ten alle tye op ‘n koste effektiewe, dog samehangende wyse aangespreek word. Dit sluit die beskerming van jou inkomste tydens onvoorsiene siekte of ongeskiktheid, hoë vlakke van skuld en die voorsiening vir jou kinders se opvoeding in. Alle faktore wat belangrik is vir die finansiële gesondheid van jou familie moet hier in ag geneem word. In hierdie proses moet die eroderende uitwerking wat inflasie op jou batewaarde het , ook voortdurend in ag geneem word.

Ons is in staat om  ‘n kliënt te voorsien van advies en voorstelle  vir die toepaslike produk oplossings wat onder andere insluit  Inkomste Bekerming vir beide gades wat beskerming sal bied teen ‘n uitgebreide periode van siekte,  Lewensdekking vir beide gades om aan hul familie te voorsien in die geval van afsterwe, asook hulp in die belegging van spaargeld in ‘n gediversifiseerde portefeulje volgens die kliënt se individuele risikoprofiel. Ons kan jou behulpsaam wees in die opstel van jou testament en raad verleen in die benoeming van voogde of trustees met die regte profiel om te verseker dat die familie wat jy agterlaat, behoorlik en met finansiële verantwoordelikheid versorg word.


Onafhanklik in die wegspringblokke

Jy is onafhanklik met baie min verpligtinge. Jou fokus is op verbruik, byvoorbeeld die aankoop van jou eerste voertuig of om met vakansie te gaan. Jy spaar baie min en daarom is jou finansiële kapitaal laag of selfs zero.

Moenie vergeet dat die mees waardevolle bate wat jy tans besit, jou eie “menslike kapitaal” is nie. “Menslike kapitaal” is ‘n individu se vermoë om toekomstige spaargeld of welvaart te skep of in kwantitatiewe terme: die verdiskonteerde waarde (“present value”) van ‘n persoon se toekomstige salaris of ander inkomste.  Die waarde van menslike kapitaal word vergroot deur opleidings- en loopbaanbesluite, en vir die meeste individue bereik dit ‘n hoogtepunt vroeg in hulle loopbaan, waarna dit dan geleidelik tot by ‘n zero waarde by hul aftree-ouderdom, verminder.

Indien jy verstaan hoe waardevol hierdie bate is, word die noodsaaklikheid om dit behoorlik in  welvaart te omskep, met ander woorde om behoorlike finansiële beplanning te doen, duidelik.

Die risiko’s wat aangespreek moet word gedurende hierdie fase is siekte en ongeskiktheid en professionele bevoegdheidsrisiko,  asook voortydige afsterwe, wat dan in effek die menslike kapitaal vernietig.

Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. kan ‘n kliënt van advies voorsien en die toepaslike produk oplossings voorstel wat onder andere ‘n mediese fonds, mediese versekering, die strukturering van ‘n noodfonds vir onverwagte uitgawes insluit. Inkomstebeskerming om beskerming te bied teen verlengde periodes van siekte, of dekking teen tydelike of permanente ongeskiktheid is veral nodig vir jong professionele persone aan die begin van hul loopbane. Deurlopende advies en hulp in die belegging van jou spaargeld in ‘n gediversifiseerde portefeulje wat volgens jou individuele risikoprofiel met ‘n toepaslike beleggingshorison saamgestel word, vorm uiteraard ook deel van ons advies.

Albert Einstein het saamgestelde groei “die agste wonder van die wêreld” genoem.

Kyk na onderstaande tabel as ‘n voorbeeld:

R300 met ‘n jaarlikse verhoging in bydraes van 10%

Termyn in jare Groei Kumulatiewe Belegging Kumulatiewe Groei Totale waarde
5 10% R 21,978 R 6,087 R 28,065
10 12% R 57,375 R 43,855 R 101,230
15 14% R 114,381 R 191,925 R 306,306
25 16% R 354,049 R 1,947,003 R 2,301,052
35 18% R 975,688 R 11,660,214 R 12,635,902