Ons Oplossings

Naby aftrede

Dit word nou die tyd om die vrugte van jou harde werk te pluk.

Die fokus word nou verskuif van die akkumulasie van welvaart na die beskerming daarvan, asook die omskepping van jou kapitaal in ‘n na-aftrede  inkomste. DIt opsigself vereis ‘n fundamentele verskuiwing in denke,  ten einde te voorsien in die noodwendige verskuiwing wat gaan plaasvind in  jou behoeftes na aftrede.

Een van die grootste risiko’s wat aangespreek moet word in enige aftreeplan is die realiteit van die steeds toenemende lewensverwagting van ons kliënte. Die risiko dat jy langer kan leef as waarvoor  jou spaargeld voorsiening maak, is nie ‘n eenvoudige saak om aan te spreek nie. Daar is ‘n wye reeks faktore wat in ag geneem moet word, byvoorbeeld:

  • Algemene vlakke van welvaart, en of jy genoegsame fondse akkumuleer het om te voorsien vir ‘n uitgebreide lewensverwagting.

  • Die verskuiwing in bestedings patrone deur al die fases van aftrede (aktief, passief, verswak).

  • Die koste geassosieer met privaatsektor mediese produkte en dienste.

  • Gedrags vooroordele byvoorbeeld die onvermoë om langtermyn besluite te kan neem.

Die onderstaande tabel rakende die inkomste (per jaar) wat jy mag onttrek van jou geakkumuleerde kapitaal, is insiggewend:

Ouderdom 55 60 65 70 75 80 85 & ouer
Manlik 5.50% 6.20% 7.30% 8.70% 10.70% 13.50% 17.50%
Vroulik 4.80% 5.40% 6.20% 7.30% 8.90% 11.20% 14.60%

Statistiek toon dat meer as 75% van Suid-Afrikaners die een of ander tyd besef dat hul geakkumuleerde kapitaal nie meer voldoende gaan  wees om hul inkomste behoeftes in die toekoms aan te spreek nie. Maar selfs meer belangrik is die feit dat baie kliënte nalaat om die belastingimplikasies van hul beleggingsbesluite in ag te neem. Belasting kan jou welvaart erodeer en dit is duidelik dat belastingtoegewings in Suid-Afrika steeds in die toekoms die armes sal bevoordeel wat nie beleggers is nie.

Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. kan u as kliënt van advies bedien en voorsien van die mees toepaslike produk oplossings. Laasgenoemde kan onder andere die strukturering van meer as een beleggingsmedium insluit om jou te voorsien van belasting-doeltreffende inkomste na aftrede.  Spaargeld kan belê word binne ‘n gediversifiseerde portefeulje, gestruktureer volgens ‘n kliënt se individuele risikoprofiel, om te verseker dat voldoende inkomste oor tyd genereer word om ‘n voldoende lewenstandaard ná aftrede te voorsien.