Meer oor ons

Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. is ‘n gelisensiëeerde Finansiële Dienste Verskaffer. Die maatskappy is ‘n onafhanklike finansiële dienstegroep met ‘n aantal hoogs gekwalifiseerde adviseurs in diens wat individueel gemiddeld elk 20 jaar relevante ervaring van die industrie het. Hierdie adviseurs word ondersteun deur ‘n toegewyde en ervare span administratiewe personeel, gerugsteun deur die beste beskikbare rekenaar stelsels en sagteware. Ons verskaf finansiële- sowel as tussengangersdienste aan ‘n uitgebreide kliëntebasis, streng binne die raamwerk van ons lisensie van die Raad op Finansiële Dienste en in terme van die bepalings van die “Code of Conduct” soos vervat in die Wet op Finansiële Advies en Tussengangersdienste. Ons fokus op welvaartskepping sowel as die beskerming daarvan, deur ons kliënte se behoeftes met toepaslike risiko aangepaste oplossings aan te spreek. As deel van ons holistiese benadering in die vasstelling van ons kliënte se behoeftes, erken ons onder andere die behoefte aan behoorlike belasting – en boedelbeplanning en die implimentering hiervan deur die toepaslike strukture en finansiële produkte. Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. is gelisensiëer om ‘n wye verskeidenheid finansiële produkte en dienste te lewer, beide plaaslik en in die buiteland. Ons is gevolglik trots op ons vermoë om nie produkte te verkoop nie, maar eerder finansiële behoeftes op ‘n geïntegreerde basis aan te spreek. In hierdie proses word gespesialiseerde beleggingsdienste en produkte onder andere gelewer deur Associated Portfolio Solutions, en boedelbeplanning en die bereddering van boedels deur ASP Fiduciary Services.

Pentagon se hoogs gekwalifiseerde span geniet erkenning in die industrie vir hul omvattende vaardighede in finansiële beplanning , sowel as breedvoerige kennis van die ekonomiese omgewing en die filosofie en proses van aktiewe bestuur. Meer belangrik egter, is die feit dat Pentagon lojaal ondersteun word deur kliënte met wie die onderskeie finansiële adviseurs reeds jarelange verhoudings het.

Ons Span

Colla Kruger

Stigterslid

Colla Kruger is ‘n stigterslid van Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk., Associated Portfolio Solutions (Edms.) Bpk. asook APS Fiduciary Services (Edms.) Bpk. Hy is ‘n aandeelhouer asook die Besturende Direkteur van Pentagon sowel as APS en direkteur en aandeelhouer by APS Fiduciary Services.

Hy het ‘n B. Iuris (S.A.) graad en hou ‘n sertifikaat in Finansiële Markte.

Colla het in 1988 by die Ou Mutual Groep aangesluit waar hy agt keer gekwalifiseer het vir die jaarlikse Top 25 toekenning, insluitend die eerste jaar. Hy was ook vise-president van Ou Mutual se Klub 51 en ‘n “Top of the Table” lid van die “International Million Dollar Round Table”.

Colla het reeds die RE1, RE3 sowel as die RE5 regulatoriese eksamen geslaag soos vereis deur die Raad op Finansiële Dienste. Hy is die Sleutelpersoon vir beide FDV 1722(APS) en FDV 6949(Pentagon).

Japie Neethling

Stigterslid

Japie Neethling is ‘n stigterslid van Pentagon Financial Solutions PTA (Edms.) Bpk., Associated Portfolio Solutions (Edms.) Bpk. asook APS Fiduciary Services (Edms.) Bpk. Hy is 'n aandeelhouer en direkteur van al drie maatskappye.

Hy hou ‘n sertifikaat in finansiële markte.

Japie het ‘n agtergrond in bankwese en het gedurende 1984 by die Ou Mutual Groep aangesluit waar hy 16 keer gekwalifiseer het vir die jaarlikse Top 25 toekenning. Hy was die president van Ou Mutual se Klub 51 en ‘n “Top of the Table” lid van die “International Million Dollar Round Table”.

Japie was president van die Lewens Onderskrywings Assosiasie van Suid-Afrika vir 2 jaar.

Japie het reeds die RE1 regulatoriese eksamen geslaag soos vereis deur die Raad op Finansiële Dienste.

Pierre van Rensburg

APS - Assosiaatlid

Pierre van Rensburg het 22 jaar ervaring in die industrie wat sy werk by TMA en Investec Asset Management insluit. Pierre hou ‘n kwalifikasie in Beleggings Analise en Portefeulje bestuur van Unisa.

Hy het sy begrip van die administratiewe en korporatiewe aspekte van batebestuur die afgelope sewe jaar toegepas om waarde toe te voeg in die finansiële beplanning wat hy vir kliënte doen.

Pierre het in 2008 as assosiaatlid van APS gekwalifiseer.

Hy het reeds die RE1, RE3 sowel as die RE5 regulatoriese eksamen geslaag soos vereis deur die Raad op Finansiële Dienste.

Leandra Botes

APS - Assosiaatlid

Nadat Leandra haar B. Rekeningkunde graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het gedurende 2001, het sy besluit dat Finansiële Bestuur ‘n veel meer dinamiese veld as Belasting en Oudit is en haar Honneurs in Bestuursrekeningkunde voltooi in 2002.

Sy het haar loopbaan in dieselfde jaar by PSG Beleggingsdienste (later PSG Konsult) begin waar sy ervaring opgedoen het in aandeleverhandeling, fondsbestuur en welvaartbestuur vir privaat kliënte.

Sy het in 2004 gekwalifiseer as ‘n Gesertifiseerde Finansiële Beplanner® en ook ‘n assosiaat van APS geword.

Leandra het reeds die RE1, RE3 sowel as die RE5 regulatoriese eksamen geslaag soos vereis deur die Raad op Finansiële Dienste.

Max Coetzee

APS - Assosiaatlid

Max het gedurende 1986 by Ou Mutual aangesluit as ‘n verteenwoordiger en na slegs een jaar gekwalifiseer vir die span van top agente gedurende 1987. Hy het ook diamantstatus as Meesters Verkoopspersoon behaal. Hy het vroeg gedurende sy loopbaan besluit om te bou aan ‘n praktyk en het vandag kliënte wat reeds 27 jaar diens van hom ontvang.

Max het gedurende 1993 aangesluit by die Bankfin Afdeling van ABSA Makelaars. Hy was gedurende 1997 nasionale kampioen en het ook een van slegs drie Dolfyntoekennings ontvang vir uitmuntende diens in die ABSA Makelaars Groep.

In 1999 het Max ‘n onafhanklike makelary, Majesco, begin en is ‘n assosiaat van APS sedert 2006.

Max het reeds die RE1 sowel as die RE5 regulatoriese eksamen geslaag soos vereis deur die Raad op Finansiële Dienste.

Gerhard Roux

APS - Assosiaatlid

Tot en met 1992 het Gerhard Roux ‘n loopbaan in bankwese gevolg waar hy blootstelling gekry het aan Korporatiewe Finansiering. Hy het in hierdie veld ‘n eerste prys in bemarking behaal waar hy intrumenteel was in die verdiskontering van huurkontrakte.

Hy het daarna gespesialiseer in Beleggingsbestuur en het direkteur geword van Professional Project Facilitators (Edms.) Bpk., een van die eerste finansiële dienste verskaffers om te registreer by die FSB. Hy was in 1999 een van die stigterslede van die nasionale Pentagon Beleggingbestuursgroep waar hy opgetree het as Uitvoerende Direkteur: Bemarking.

Gerhard het ‘n kursus geloop in Besigheid en Bestuursontwikkeling aan die Universiteit van Pretoria se Nagraadse Bestuurskool en hou 'n sertifikaat in Finansiële Markte(Welvaartbestuur).

Hy het reeds die RE1 regulatoriese eksamen geslaag soos vereis deur die Raad op Finansiële Dienste.

Calvin Kruger

APS - Assosiaatlid

Calvin Kruger is ‘n doelgerigte beleggingsadviseur wat werk as ‘n verteenwoordiger by Pentagon Financial Solutions PTA (Edms.) Bpk.

Hy het sy B Comm graad in Ekonomie aan die Universiteit van Pretoria in verwerf en het sy nagraadse diploma in Finansiële Beplanning aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi.

Hy het reeds die RE1, RE3 sowel as die RE5 regulatoriese eksamen geslaag soos vereis deur die Raad op Finansiële Dienste.

Calvin het ervaring in beleggingsadvies en die bestuurs industrie en het uitstekende vaardighede in probleemoplossing.