Ons Oplossings

Behaal selfs meer

Jou familie raak volwasse en jou fokus is nou op die beskerming en uitbou van jou welwaart. Vir baie individue piek hul loopbane in hierdie fase.  Die energie en menige ure wat gewy word aan loopbane, word beloon met sukses in terme van hoe jy  bevorder word in jou organisasie. Kort voor lank het jy  waarskynlik die hoogste vlak van inkomste gedurende jou  produktiewe lewe bereik. Jou fokus op hierdie stadium moet dus in die eerste instansie kapitaalbehoud wees, maar ook om groei te behaal in ‘n goed gediversifiseerde portefeulje wat versprei oor alle bate-klasse is, en wat deur die beste batebestuurders op ‘n daaglikse basis aktief  bestuur word.

‘n Familie wat volwasse raak, impliseer dikwels tiener of jong volwasse afhanklikes met baie duur behoeftes, byvoorbeeld tersiêre opvoeding, en hul eie lidmaatskap tot ‘n mediese fonds. Baie kliënte kan ook gedurende hierdie tyd hul besighede verkoop of “goue handdrukke” ontvang, heelwat vroeër as hul  normale aftree-ouderdom. Hulle kan gevolglik nuwe werksgeleenthede oorweeg, of besluit om ‘n nuwe besigheid te begin. Hulle kan selfs besluit om toegang tot hulle aftreefondse te bekom, ten einde so ‘n nuwe besigheid te finansier. Een van die hoof risiko’s wat aangespreek moet word op hierdie punt, is die geleentheidskoste van onttrekkings vanuit  jou bestaande aftreeportefeulje, en die waarskynlikheid dat jy die kapitaal kan verloor in die geval van die mislukking van jou nuwe besigheid.

Sodra ‘n onttreking van jou aftreefondse gemaak word, is die eerste belangrike gevolg dat die onttrekking waarkskynlik ‘n belastingverpligting tot gevolg sal hê. ‘n Onttrekking word as ‘n uitbetaling van die aftreeplan beskou. Die beteken dat die nodige belasting betaal moet word op die bedrag wat uitbetaal word. Op die oomblik is onderstaande tabel van toepassing:

Belasbare gedeelte van onttrekking - - - Belastingkoers
R0 – R22 500

0%

R22 501 – R600 000

18% op die bedrag groter as R22 500

R600 001 – R900 000

R103 950 plus 27% van die bedrag groter as R600 000

Over R900 000

R184 950 plus 36% van die bedrag groter as R900 000

Dit is belangrik om daarop te let dat slegs een onttrekking van jou aftreefondse voor ouderdom 55 toegelaat word.

Een van die grootste implikasies van ‘n eenmalige onttrekking word selde deur kliënte oorweeg: die verlore geleentheid van saamgestelde rente oor tyd. Indien die tydwaarde van geld(die idee dat ‘n Rand vandag meer werd is as as ‘n Rand in die toekoms as gevolg van die potensiële verdienste vermoë), nie toegepas word nie, kan jy duisende Rande tydens jou aftrede verbeur.

Die finansieële implikasies van ‘n onttrekking uit jou aftreefondse het ‘n groot effek op jou vermoë om jou besparingsdoelwitte te behaal. Die skokkende feit is dat baie kliënte elke keer wanneer hulle van werkgewer  verander, eenmalige onttrekkings maak. Sodra meervoudige onttrekkings gemaak word, word die negatiewe implikasies vermenigvuldig, wat groter hindernisse vir jou skep wat oorkom moet word voor jou aftrede bereik word.

Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. kan ‘n kliënt van advies en die toepaslike produk oplossings voorsien wat insluit: Bewaringsfondse om jou geakkumuleerde welvaart te beskerm en hulp met belegging in ‘n spaarplan binne ‘n gediversifiseerde portefeulje, om voorsiening te maak vir jou familie en volwasse afhanklikes se toenemende behoeftes.