Nuus & Insigte

Ekonomiese & Markoorsig - November 2019

  • News
  Internasionaal Die afwaartse neiging in internasionale ekonomiese groei is gedurende Oktober voortgesit. Die voortgesette monetêre beleidsverruiming in Amerika, tesame met 'n afname in die lawaai rondom die globale handelsoorlog, het egter internasionale aandelemarkte hoër laat sluit die maand. Die kleiner waarskynlikheid van 'n “geen ooreenkoms” Brexit het bygedra tot die verbetering in beleggersentiment, aangesien dit lyk asof Eerste Minister Boris Johnson daarin geslaag het om heelwat hindernisse te oorkom en 'n ordelike uittrede van die Europese Unie te onderhandel. 'n “Geen ooreenkoms”...

Continue reading

Ekonomiese & Markoorsig - Oktober 2019

  • News
Internasionaal Die voortgesette verslapping in monetêre beleid deur sentrale banke het weereens die nuusopskrifte en marknarratief in September oorheers. Die Europese Sentrale Bank het die meeste van dít wat nog oor is van hul monetêre beleid-skietgoed gebruik toe hulle besluit het om rentekoerse te verlaag en weer terug te keer na kwantitatiewe verruiming in 'n poging om ekonomiese groei in die streek aan te help. Luidens 'n verslag van Reuters, het die ESB hul depositokoers na 'n rekord lae vlak van -0,5% vanaf -0,4% gesny en sal hulle effekte-aankope van  20 miljard Euro per maand vanaf...

Continue reading

Ekonomiese & Markoorsig - September 2019

  • News
Internasionaal Aandelemarkte het wêreldwyd 'n moeilike Augustus beleef met ekonomiese en sosio-politieke nuusgebeure, wat gehandel het rondom die verlangsaming van die internasionale handel en onsekerheid met betrekking tot politieke beleid. Volgens Tantalum Capital het die G7-Beraad nie juis noemenswaardige verwikkelinge opgelewer nie, behalwe vir 'n geleentheid vir President Trump om sy "America First" agenda te bevorder. Amerika en China se oog-vir-'n-oog konflik het beleggers (behalwe diegene wat in Amerikaanse staateffekte en goud belê het) geen guns bewys nie. Ondanks die Trump-administrasie...

Continue reading

Ekonomiese & Markoorsig - Augustus 2019

  • News
Internasionaal Die Amerikaanse Reserwebank het rentekoerse aan die einde van Julie vir die eerste keer in 'n dekade verlaag en aangedui dat hul gereed is om nog ondersteuning te bied aangesien groei steeds afneem in die wêreld se grootste ekonomie. In 'n skuif wat moontlik die gevolg van politieke druk was, het die Amerikaanse Sentrale Bank sy kern-rentekoers met 'n kwart persentasiepunt verlaag van 2.25% tot 2%. Dit is die eerste verlaging in rentekoerse sedert die finansiële krisis 'n dekade gelede. Die Voorsitter van die Federale Reserwebank, Jerome Powell, het in 'n verklaring gesê dat...

Continue reading

Ekonomiese en Markoorsig - Julie 2019

Internasionaal Die handelsoorlog tussen Amerika en China het wêreldnuus in Junie oorheers aangesien Presidente Trump en Xi steeds koppe stamp oor handelstariewe en maatskappysanksies. By die G20-beraad gedurende die laaste naweek van die maand, het die twee staatshoofde ooreengekom om handelsgesprekke te hervat. Volgens die BBC-nuus, het dit die voortgesette rusie, wat bygedra het tot die verlangsaming in die internasionale ekonomie, effe kalmeer. In ʼn skuif wat as ʼn groot toegewing gesien word, het Mnr. Trump gesê hy sal Amerikaanse maatskappye toelaat om steeds aan die Chinese tegnologiese...

Continue reading

Ekonomiese & Markoorsig - Junie 2019

 Internasionaal Die handelsoorlog tussen Amerika en China het vererger na President Trump vroeg in Mei 'n verhoging (van 10% na 25%) op Chinese goedere ter waarde van $200 miljard aangekondig het. Alhoewel daar 'n paar ander geo-politieke sake is wat markdeelnemers ook onrustig maak, bly die verhouding tussen Amerika en China steeds die grootste oorsaak van die onlangse toename in markonbestendigheid.  Volgens BCA Research, dra politieke verwikkelinge in die aanloop tot die 2020 Amerikaanse Presidensiële verkiesing by tot onsekerheid in die beleggingsvooruitsig. Die Demokrate se veldtog...

Continue reading