Ons filosofie

Ons filosofie

professionele deurlopende kliënte interaksie

Die spesifieke behoeftes van ‘n individuele kliënt kan slegs vasgestel word deur behoorlik gestruktureerde en deurlopende interaksie met sodanige kliënt. Die basis van Pentagon Financial Solutions Pretoria (Edms.) Bpk. se besigheid is daarom ‘n professionele en toegewyde fokus op kliënt-interaksie. Ons is trots daarop dat finansiële- en tussengangersdienste gelewer word volgens die bepalings van die “Code of Conduct” soos vervat in die Wet op Finansiële Advies en Tussengangersdienste.

Ons is nie produkgedrewe nie, maar poog eerder om die mees toepaslike finansiële en versekerings oplossings wat in die mark beskikbaar is, aan kliënte te bied.

Ons wy ons deur deurlopende opleiding, harde werk en integriteit toe om ‘n professionele en etiese benadering te volg in die uitvoering van ons pligte in die finansiële dienste industrie, wat uiteindelik ‘n waarde proposisie aan ons kliënte en inderdaad ook alle rolspelers in die finansiële dienste industrie daarstel. Ons lei kliënte voortdurend op en lig hulle in sodat verstaan word hoe markte werk en wat die impak daarvan op hul individuele beleggingsportefeuljes is.


Oplossings

Our services address financial planning needs on a holistic basis, allowing us to integrate all relevant information.

Onafhanklik in die wegspringblokke

Jy is onafhanklik met baie min verpligtinge. Jou fokus is op verbruik, byvoorbeeld die aankoop van jou eerste voertuig of om met vakansie te gaan. Jy spaar baie min en daarom is jou finansiële kapitaal laag of selfs zero.

Bou ‘n familie

Aan die begin met ons volwasse lewens, na skool of studies, vorm ons verhoudinge wat na verloop van tyd dikwels gevier word deur ‘n jeuglike geleentheid waar twee jong mense saamgevoeg word in ‘n huwelik.

Behaal selfs meer

Jou familie raak volwasse en jou fokus is nou op die beskerming en uitbou van jou welwaart. Vir baie individue piek hul loopbane in hierdie fase.

Naby aftrede

Dit word nou die tyd om die vrugte van jou harde werk te pluk. Die fokus word nou verskuif van die akkumulasie van welvaart na die beskerming daarvan, asook die omskepping van jou kapitaal in ‘n na-aftrede inkomste.

‘n Blywende nalatenskap

Soos wat jy jou aftrede nader kom, word bates normaalweg gekonsolideer en ondersoek jy al die opsies tot jou beskikking om die meeste te haal uit jou spaargeld wat jy tydens jou produktiewe lewe bymekaar kon maak.