Nuus & Insigte

Ekonomiese & Markoorsig - Mei 2019

Internasionaal Volgens die jongste Internasionale Monetêre Fonds se halfjaarlikse Wêreld Ekonomiese Vooruitsig, het die sterk internasionale ekonomiese uitbreiding van 2017 en 2018 noemenswaardig begin afneem in die tweede helfte van verlede jaar. Dit dui op 'n sameloop van faktore wat die vernaamste ekonomieë regoor die wêreld beïnvloed. China se groei het afgeneem na 'n kombinasie van nodige, strenger regulatoriese vereistes om skadu-bankwese in te kort en 'n toename in handelspanning tussen China en die Verenigde State. Die Euro-area se ekonomie het meer momentum verloor as wat verwag is....

Continue reading

Ekonomiese & Markoorsig - April 2019

  • News
Internasionaal Ten spyte van die donker prentjie wat die huidige ekonomiese data skets, veral in Europa, en die Amerikaanse effektekoers-kurwe wat negatief gedraai het, behoort internasionale groei weer toe te neem in die tweede helfte van 2019, volgens 'n onlangse verslag van BCA Research. Hulle ontledings van globale aanwysers dui daarop dat die voorste industriële, sentiment- en selfs sommige handelsaanwysers verswak het. Kredietgroei, 'n hoofaandrywer van groei momentum in die relevante globale sektore van China se ekonomie, neem nie meer af nie en dit lyk asof dit wêreldwye handel in die...

Continue reading

Ekonomiese en Markoorsig - Februarie 2019

  • News
Internasionaal Die nuutste opdatering van die Wêreld Ekonomiese Vooruitsig van die Internasionale Monetêre Fonds dui op swakker globale uitbreiding hierdie jaar. Wêreldgroei vir 2018 word teen 3.7% beraam ten spyte van swakker prestasie in sommige ekonomieë, veral Europa en Asië. Die vooruitskatting is dat die wêreld ekonomie teen 3,5% sal groei in 2019 en 3,6% in 2020. Die internasionale groeivooruitskatting vir 2019 en 2020 is reeds afwaarts aangepas, gedeeltelik as gevolg van die negatiewe uitwerking van tariefverhogings wat verlede jaar in die Verenigde State en China ingestel is. Die verdere...

Continue reading

Ekonomiese en Markoorsig - Januarie 2019

  • News
2018 sal deur meeste onthou word as 'n moeilike jaar vir beleggingsmarkte. ‘n Konserwatiewe posisie sodat kapitaalverliese nie wesenlik is nie, was die beste roete om te volg. In laasgenoemde opsig het internasionale aandele onlangs skade gely. Die S&P 500 het byvoorbeeld tussen die 1ste en 26ste Desember met 'n beduidende 15% gedaal. In 2018 het die Suid-Afrikaanse aandelemark (soos deur die FTSE/JEB Alle Aandele Indeks gemeet) 'n hoogtepunt van 61 777 punte bereik teenoor 'n laagtepunt van 50 033 punte. Die indeks het die jaar 8.5% laer afgesluit; die eerste negatiewe kalenderjaar...

Continue reading

Ekonomiese & Markoorsig – November 2018

  • News
Internasionaal Ten spyte van die onstuimigheid in beleggingsmarkte, het daar steeds nie veel gebeur wat die gesinkroniseerde wêreldwye herstel van 2017 en 2018 se spoed gebreek het nie. Die Verenigde State van Amerika, in besonder, toon steeds volgehoue ​​ekonomiese groei. Volgens Torsten Slok, Hoof Internasionale Ekonoom van Deutsche Bank, is daar egter ‘n alternatiewe opinie wat ‘n ander beleggingsimpak sal hê. Sommige kenners is van mening dat ekonomiese groei sterk en verdienste goed is, en die konsensus verwagting is dat dit sal voortduur solank as wat President Trump se korporatiewe...

Continue reading

Ekonomiese & Markoorsig – Oktober 2018

  • News
Internasionaal Die wêreldekonomie lyk nog goed en groei steeds teen ‘n jaarlikse reële groeikoers van ongeveer 3,5%. Werkloosheidskoerse daal steeds in die ontwikkelde wêreld, met volgehoue indiensneming in die Verenigde State en die Eurosone. Ten spyte daarvan dat die meeste ontwikkelde markte werkloosheid feitlik heeltemal uitgeroei het, sal loonverhogings na verwagting in die volgende 18 maande maar beskeie wees. As gevolg van die implementering van handelstariewe (en sprake van verdere tariewe), is ons nie tans in dieselfde voordelige beleggingsomgewing vir groei soos 2017 was nie. Dit...

Continue reading